Koningstrand is een van Port Elizabeth se bekendste en mees gewilde strande en strek van die hawemuur tot by die McArthur swembadkompleks. Die naam kom vanaf die Britse koninklike besoek van 1947 toe die koninklike trein langs die strand getrek is en 'n deel van die strand blykbaar omhein is vir die ekslusiewe gebruik van … Continue reading Koningstrand
Tag: Afrikaans
Verwelkoming
'n Lantêring wag vir gaste op hulle aankoms by Camp Figtree in die Zuurberg na 'n wildsbesigtigingsrit in die Addo Olifant Nasionale Park.
Donkin mosaïek op Roete 67
Een van die mooiste kunsstukke wat deel uitmaak van die nuwe Roete 67 kuns- en kultuurroete in Port Elizabeth is die reuse mosaïek op die Donkin Reservaat. Die moasïek wat deur studente aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit gedoen is verteenwoordig aspekte van die Ooskaap. Die sluit in diere, voëls, plante, mense en vele ander … Continue reading Donkin mosaïek op Roete 67
Waar ruwe rotse
Die berge buite Montagu soos jy deur die poort ry is absoluut asemrowend. In die Jouberthuis Museum op die dorp hang 'n ou foto van dieslefde berg as in die foto hierbo. Die vrou wat daar werk het gesien dat ek na die foto staan en kyk en vra toe of ek die gedig "Waar ruwe rotse" … Continue reading Waar ruwe rotse
Lewer in die township
Ek is mal oor lewer, maar nie almal is groot aanhangers daarvan nie. In die townships is dit wel baie gewild en word verkoop op baie straathoeke waar kos gemaak en direk uit die potte aan verbygangers verkoop word. Onlangs het ek 'n toer vir 'n groep na New Brighton township in Port Elizabeth gereel en een … Continue reading Lewer in die township
Klein treintjies
Op die eerste Sondag van die maand stroom baie families met klein (en ander met nie so klein) kinders na die Port Elizabeth Model Locomotive Society se maandelikse oop dag. Families staan al van vroeg af tou om op die treintjies te ry met veral die stoom lokomotiewe wat baie aftrek kry. Die rit vat … Continue reading Klein treintjies
Kaap die Goeie Hoop
Die Kaap die Goeie Hoop is die naam van die mees suid-westelike landpunt van Afrika en is letterlik 'n klipgooi van Kaappunt af geleë. Dit is tradisioneel (en verkeerdelik net soos met Kaappunt) geag as die punt waar die Atlantiese Oseaan en die Indiese Oseaan mekaar ontmoet, terwyl die eintlike ontmoetingspunt verder ooswaarts by Kaap Agulhas - … Continue reading Kaap die Goeie Hoop
Noetzie – Kastele op die strand
So 'n paar kilometer buite die Tuinroete dorp Knysna, aan die einde van 'n grondpad, is 'n baie unieke plek met die naam Noetzie. Noetzie (Khoi-San vir Donker Water) het 'n pragtige strand en strandmeer omring deur inheemse woude, maar wat Noetzie laat uitstaan is die feit dat daar verskeie kastele langs die strand is. Die area is reg van Knysna … Continue reading Noetzie – Kastele op die strand
Kaappunt se vuurtorings
Kaappunt in die Kaap van Goeie Hoop Natuurreservaat is seker een van die plekke wat die meeste besoekers ontvang in Suid Afrika. Alhoewel Kaappunt nie die mees suidelikste punt in Afrika is nie, is dit die suidelikste punt van die Kaapse Skiereiland en een van die plekke waarheen besoekers gaan as hulle om die Skiereiland toer. Die ou … Continue reading Kaappunt se vuurtorings
Stormsriviermond hangbrûe
Die Tsitsikamma Nasionalepark op die Tuinroete is een van die mooiste plekke in Suid-Afrika met sy inheemse woude, loodregte kranse en pragtige kuslyn. Die 1 km lange mondwandelpad van die ruskamp tot by Stormsriviermond is die gewildste staproete in die park en die hoogtepunt is die drie hangbrûe by die riviermond self. Die oudste een van die … Continue reading Stormsriviermond hangbrûe