Die son gaan onder oor die Klein Karoo. Dis die einde van 'n snikhete somersdag en die horison is besig om te verkleur. Blou raak goud raak donkerder. Daar is nie 'n briese wat trek nie met die enigste beweging 'n volstruis wat teen 'n draadheining afloop.
Tag: Afrikaans
Tafelberg van oorkant Tafelbaai
Tafelberg is die Moederstad en sekerlik Suid-Afrika se bekendste landmerk. Die berg is 'n UNESCO Wêrelderfenisgebied asook een van die Sewe Natuurwonders van die wêreld. Dit is ook my berg. Of altans so voel dit. Ek het nog nooit in Kaapstad gewoon nie, maar wanneer ek die berg sien dan is dit asof ek huistoe verlang. Ek … Continue reading Tafelberg van oorkant Tafelbaai
Drakensberg wandelpad – Die Wandellied
Vir die een of ander rede het ek vandat ek met RaakREIS begin het en bloginskrywings in Afrikaans doen, skielik baie van die ou Afrikaanse Volksliedjies begin onthou as ek na van my fotos kyk. Dis eintlik hartseer dat ons dit nie meer so baie sing soos wat ons gedoen het jare terug nie. Hierdie foto is geneem … Continue reading Drakensberg wandelpad – Die Wandellied
Dias Museum
Daai dag in 1488 toe Bartolomeu Dias in 'n storm om die Kaap gevaar and kort daarna in wat vandag Mosselbaai is geland het, sou hy seker nooit kon raai dat op daardie selfde plek vandag 'n museum sou staan wat sy naam dra nie. Die Dias Museum kompleks het 'n fantastiese verskeindenheid van attraksies en sluit 'n … Continue reading Dias Museum
Springende krokedille
Die Kango Wildlife Ranch in Oudtshoorn het 'n lang pad gekom van die dae toe dit net 'n krokodilplaas was. Alhoewel daar deesdae baie ander dinge is om te sien by hierdie bekende attraksie speel krokodille nog altyd 'n rol. By die Springende Kake (Jumping Jaws) word die krokodil uit die water uit gelok met 'n stuk … Continue reading Springende krokedille
Kaap Recife vuurtoring
Die Kaap Recife vuurtoring is op 1 April 1851 in gebruik geneem en staan net buite Port Elizabeth op die westelike punt van Algoabaai. Kaap Recife is die draaipunt in Algoabaai in en word verskriklik gevaarlikste geag as gevolg van Thunderbolt-rif wat oor die eeue al verskeie bote en skepe geëis het. Die rif self is vernoem … Continue reading Kaap Recife vuurtoring
Volstruise
As ek mag wil ek graag die lirieke van Groot Voël Paradys deur Jacques de Coning aanhaal om saam met hierdie foto te gaan.Oudtshoorn is 'n grootvoël paradys,los jou budgy by die huis en ek sal jou 'n groot voël wys.Oudtshoorn is 'n grootvoël paradys,Los jou mossie by die bossie en kom speel met my volstruis. Kom sit … Continue reading Volstruise
Seepampoentjie
Almal wat al langs 'n Suid-Afrikaanse strand gestap het moes die een of ander tyd êrens 'n seepampoentjie opgetel het. Ek weet 'n seepampoentjie is 'n "sea urchin" in Engels, maar het nog altyd gewonder of dit dalk 'n ander naam in Afrikaans het wanneer dit nog leef. Die eerste een wat ek besluit om te vra was … Continue reading Seepampoentjie
Groenpunt
Wanneer mens in 'n stad woon is daar niks lekkerder as om uit die stad uit weg te kom nie, maar dis nie altyd moontlik nie. Die volgende beste opsie is om op 'n strand, 'n park of natuurarea in die stad te gaan stap. Al drie Suid-Afrika se groot kusstede het baie gewilde wandelroetes langs hulle … Continue reading Groenpunt
Kaap Recife Natuurreservaat
Die Kaap Recife Natuurreservaat in Port Elizabeth beslaan omtrent 370 hektaar om die westelike punt van Algoabaai. Die reservaat is idiaal vir voëlkyk beide aan die kus en om die waterherwinningspoele. Die beste manier om die reservaat te verken is om op die 9km lange Roseate Tern wandelroete gaan. Die roete begin by SAMREC (South African … Continue reading Kaap Recife Natuurreservaat