Sondagsrivier Veerboot

Colchester net buite Port Elizabeth is a rustige plekkie en is baie gewild met vakansiegangers en stadsjapies wat oor die naweek bietjie wil wegkom en die Sondagsrivier geniet.  Behalwe die rivier is die twee ander groot aantreklikhede die Addo Nasionale Olifantpark wat se suidelike hek in Colchester uitkom en die reuse sandduine aan die ander kant van die … Continue reading Sondagsrivier Veerboot

Steve Biko tronksel

Steve Biko is een van Suid Afrika se bekendste anti-apartheid aktiviste en is op 11 September 1977 oorlede nadat hy deur die polisie mishandel en aangerand is.  Biko is naby Port Elizabeth gearresteer en in die Walmer Polisiestasie aangehou voor hy ondervra en aangerand is.  Hy is agter in 'n voertuig gegooi en vervoer Pretoria toe … Continue reading Steve Biko tronksel

Perdemonument

Port Elizabeth is die tuiste van een van net twee monumente in die wêreld wat spesifiek opgesit is vir perde.  Derduisende perde is na die Kaapkolonie gebring vir die Britse troepe wat in die Anglo Boereoorlog tussen 1899 en 1902 teen die Boeremagte geveg het.  Die meeste van hierdie perde is deur Algoabaai ingebring en geskiedenis wys dat meer as 300,000 perde … Continue reading Perdemonument

Nelson Mandelabaai Stadion

Die Nelson Mandelabaai Stadion in Port Elizabeth was een van die stadions wat voor die 2010 FIFA Wêreldbeker gebou is.  Die 44 000 sitplek stadion het R1,1 miljard gekos (omtrent $150 miljoen) om te bou en is die eerste wêreldklas stadion in die Ooskaap.  Die stadion is langs die Noordeindemeer geleë en het gou een … Continue reading Nelson Mandelabaai Stadion

Bloukransbrug Bungee

Teen 216 meter hoog is die Bloukransrivierbrug op die grens tussen die Ooskaap en Weskaap die hoogste brug in Afrika.  Die brug is een van vyf enkelboogbetonbrûe op die N2 tussen Port Elizabeth en Plettenbergbaai en is 415meter lank.  Maar dis nie regtig hoekom ons hier is nie, is dit?Die eintlike rede hoekom die Bloukransrivierbrug bekendheid … Continue reading Bloukransbrug Bungee