Twaalf Appostels

Die Tafelbergreeks strek van Tafelberg tot by Kaappunt en het heelwat bekende pieke en landmerke wat deel van die bergreeks uitmaak.  Bo en behalwe Tafelberg self is daar ook Leeukop, Duiwelspiek en Seinheuwel met die Twaalf Appostels wat die mees prominente pieke aan die Atlantiese kant van die Skiereiland is.  Die Twaalf Appostels maak vir die perfekte agtergrond teen … Continue reading Twaalf Appostels

Plettenbergbaai sonopkoms

Sonopkoms en sonsondergang fotos is van my gunsteling fotos om te neem.  So rukkie terug het ons 'n naweek op Plettenbergbaai deurgebring.  Dit was 'n bibberend koue oggend en ek het maar gesukkel om uit die bed te kom, maar wou graag op die strand wees vir sonopkoms.  Dit was die moeite werd, want daardie oggend … Continue reading Plettenbergbaai sonopkoms

Daar’s ‘n hoender wat ‘n eier nie kan lê

Daar's 'n hoender wat 'n eier nie kan lê,daar's 'n hoender wat 'n eier nie kan lê, daar's 'n hoender wat 'n eier nie kan lê,dis die haan wat op die kerk se toring staan. Wanneer ek reis en deur 'n klein dorpie ry soek ek altyd na historiese geboue en interessante plekke om te besoek … Continue reading Daar’s ‘n hoender wat ‘n eier nie kan lê

Tsitsikamma Inheemse woud

Driehonderd jaar gelede het die inheemse woude van die Suidkaap al die pad van omtrent Mosselbaai tot by Humansdorp in die ooste gestrek.  Gedurende die laat 18de en die 19de eeu is groot dele van die woude afgekap om die aanvraag van hout vir die bou van skepe, die spoorweë, geboue en meubels te bevredig.  Dit gepaart met … Continue reading Tsitsikamma Inheemse woud

Sweef teen sonop met ‘n Warmlugballon

Ahhhhhh, om rustig te sweef deur die lug terwyl die son opkom in die ooste. Die stilte word net gebreek deur die klank van die vlam wat kort kort meer warm lug in die ballon inblaas. 'n Uitsig soos min met plaaswerkers wat oppad is lande toe doer onder jou and die Hartebeespoortdam wat glinster … Continue reading Sweef teen sonop met ‘n Warmlugballon