Sokkerstad

Sokkerstad, ook bekend as die FNB Stadion, in Johannesburg is die grootste stadion in Afrika en kan net minder as 95,000 mense akkommodeer.  Die stadion is opgegradeer net voor die 2010 FIFA Wêreldbeker en het die bynaam Kalbas gekry omdat dit soos 'n tradisionele Afrikapot lyk.

Drakensberg Amfiteater

As iemand my moet vra om een deel van die Drakensberg te kies as my gunsteling, dan is dit die Amfiteater in die Koninklike Natalse Reservaat.  Die Amfiteater se muur staan oor die 5 kilometer lank en is omtrent 1,220 meter hoog oor sy hele lengte.  Die Tugelawaterval wat 984 meter oor die Amfiteater val is dan ook die tweede … Continue reading Drakensberg Amfiteater

Die Uilhuis in Nieu-Bethesda

Suid-Afrika is vol van klein dorpies met interessante verhale en plekke om te ontdek, maar een van die wat baie hoog op enige iemand se lys behoort te wees is die Uilhuis in die Karoodorp Nieu-Bethesda.  Nieu-Bethesda lê so 50km noord van Graaff-Reinet en is in 1838 deur Charles Murray, 'n Nederduitse Gereformeerde dominee van Graaff-Reinet, gestig.  … Continue reading Die Uilhuis in Nieu-Bethesda

Golden Gate Hoogland-Nasionale Park

Een van Suid-Afrika se bekendste nasionale park landmerke is die Brandberg in die Golden Gate Hoogland-Nasionale Park in die Oos-Vrystaat.  Maak nie saak of dit wit gesneeu is in die winter of gras groen is in die vroeë somer nie, dis altyd 'n welkom gesig vir reisigers oppad uit die Vrystaat na KwaZulu Natal se … Continue reading Golden Gate Hoogland-Nasionale Park

Tsitsikamma Kuslyn

Die Tsitsikamma, plek van baie water, is sonder twyfel een van Suid-Afrika se asemrowendste streke. Digte groen inheemse woude waar woudreuse van oor die 800 jaar oud staan word van die blou see geskei deur loodregte kranse.  'n Ongerepte kuslyn met wit skuimende branders wat hulleself te pletter slaan op swart rotse.  Dolfyne en walvisse, otters in 'n sloep, luiperds teen die berg en die … Continue reading Tsitsikamma Kuslyn