Dis so maklik om as reisiger soveel op die groot dinge te konsentreer dat mens die klein goedjies miskyk. Gedurende 'n besoek aan Addo Elephant Back Safaris in die Zuurberge net langs die Addo Olifant Nasionale Park het ons onder andere saam met die olifante gaan stap. Terwyl hulle water gedrink het het ek hierdie skoenlappertjie langs … Continue reading Die klein dingetjies
Tag: Raakreis
Swartberg plaashek
Suid-Afrika bied inwoners sowel as besoekers 'n ongelooflike verskeidenheid van landskappe om te verken, geniet en foto's van te neem. Hierdie foto is geneem oppad na die Swartbergpas vanaf Oudtshoorn.
Die Groot Vyf
Wie of wat is die Groot Vyf? Kom ons wees meer spesifiek en sê die Groot Vyf van die diereryk, anders dink mense dalk ons praat van lande, natuurwonders of toerisme-attraksies. So, wie of wat is die Groot Vyf van die diereryk? Dis nie die vyf grootste diere of die mooiste vyf nie, maar die vyf wilde … Continue reading Die Groot Vyf
Kaap Recife sonopkoms
Sonopkoms op die stand by Kaap Recife in Port Elizabeth met die vuurtoring in die voorgrond
Vergelegen in pienk
Die Weskaap is wêreldwyd bekend vir sy wynplase, party van hulle wat soveel as drie eeue terugdateer. Een van die oudste wynplase in die Kaap is Vergelegen in Somerset-Wes. Willem Adriaan van der Stel het sy pa, Simon van der Stel, in 1700 opgevolg as goeweneur van die Kaap. Kort voor lank het hy 'n groot stuk grond aan … Continue reading Vergelegen in pienk
Karoostorm
Party mense vind die baie vervelig om deur die Karoo te reis, maar vir meeste het die groot ooptes met die weie blou hemel bokant 'n spesiale aantrekking. Na 'n warm somers dag kan 'n donderstorm baie gou opsteek soos hier net buite Steynsburg in the Ooskaap. Die twee Karookoppies in die agtergrond is Teebus en … Continue reading Karoostorm
Jagluiperd
Die groot kat wat seker die meeste onderskat word wanneer daar oor die diereryk gepraat word is die jagluiperd. Wildkykers wil gewoonlik leeus en luiperds sien en as tiere natuurlik in Afrika voorgekom het sou hulle ook seker bo die arme jagluiperd op die lys gewees het. Die Jagluiperd is die vinnigste landsoogdier en kan snelhede van tussen 112 en 120 … Continue reading Jagluiperd
Waar is die leeus?
Besoekers aan die Addo Olifant Nasionale Park word aangeraai om twee (of drie of vier) keer te kyk en seker te maak dat daar nie leeus in die omgewing is voor hulle by die uitkykpunt op Suurkop uitklim nie. Omdat die park die tuiste is van die Groot 5 - om die waarheid te sê dit is … Continue reading Waar is die leeus?
Die son kom op vir Raakreis
Sonopkoms in Plettenbergbaai met die Tsitsikammaberge in die verte .Wat beteken dit om raak te reis? Die antwoord is eintlik heel maklik. Dit beteken om op reis te wees en nie dinge te mis nie. Dit beteken om alles te sien wat die moeite werd is om te sien, of dit nou 'n bekende landmerk is … Continue reading Die son kom op vir Raakreis