Montagu Museum

Montagu op Route 62 in the Klein Karoo het twee fantastiese museum wat besoekers aan die dorp by kan gaan inloer.  Die Montagu Museum is geleë in die ou Sendingkerk wat in 1907 gebou is en konsentreer op die dorp se kultuur-historiese skatte.  Die museum het verskeie uitstallings met die kerk se preekstoel and ander … Continue reading Montagu Museum

Kaap die Goeie Hoop

 Die Kaap die Goeie Hoop is die naam van die mees suid-westelike landpunt van Afrika en is letterlik 'n klipgooi van Kaappunt af geleë.  Dit is tradisioneel (en verkeerdelik net soos met Kaappunt) geag as die punt waar die Atlantiese Oseaan en die Indiese Oseaan mekaar ontmoet, terwyl die eintlike ontmoetingspunt verder ooswaarts by Kaap Agulhas - … Continue reading Kaap die Goeie Hoop

Noetzie – Kastele op die strand

So 'n paar kilometer buite die Tuinroete dorp Knysna, aan die einde van 'n grondpad, is 'n baie unieke plek met die naam Noetzie.   Noetzie (Khoi-San vir Donker Water) het 'n pragtige strand en strandmeer omring deur inheemse woude, maar wat Noetzie laat uitstaan is die feit dat daar verskeie kastele langs die strand is.  Die area is reg van Knysna … Continue reading Noetzie – Kastele op die strand