Kaappunt in die Kaap van Goeie Hoop Natuurreservaat is seker een van die plekke wat die meeste besoekers ontvang in Suid Afrika. Alhoewel Kaappunt nie die mees suidelikste punt in Afrika is nie, is dit die suidelikste punt van die Kaapse Skiereiland en een van die plekke waarheen besoekers gaan as hulle om die Skiereiland toer. Die ou … Continue reading Kaappunt se vuurtorings
Tag: Western Cape
Knysnakoppe
Die Knysnakoppe by Knysna in die Weskaap is een van Suid Afrika se bekendste natuurlike landmerke en word gereeld in reistydskrifte en brosjures gesien. Die Koppe is ook een van die gevaarlikste ingange tot 'n natuurlike hawe in die wêreld met menige bote wat al hier deur die branders omgeslaan is of op die rotse geloop het.
Avalon Springs
When we went to Montagu at the end of last year the first thing people asked was if we were going to go to the hot water springs. The hot water springs at Avalon Springs is probably the best known attraction in Montagu and it gets thousands of visitors every year. We weren't particularly planning to … Continue reading Avalon Springs
Klein Karoo sonsondergang
Die son gaan onder oor die Klein Karoo. Dis die einde van 'n snikhete somersdag en die horison is besig om te verkleur. Blou raak goud raak donkerder. Daar is nie 'n briese wat trek nie met die enigste beweging 'n volstruis wat teen 'n draadheining afloop.
Tafelberg van oorkant Tafelbaai
Tafelberg is die Moederstad en sekerlik Suid-Afrika se bekendste landmerk. Die berg is 'n UNESCO Wêrelderfenisgebied asook een van die Sewe Natuurwonders van die wêreld. Dit is ook my berg. Of altans so voel dit. Ek het nog nooit in Kaapstad gewoon nie, maar wanneer ek die berg sien dan is dit asof ek huistoe verlang. Ek … Continue reading Tafelberg van oorkant Tafelbaai
Dias Museum
Daai dag in 1488 toe Bartolomeu Dias in 'n storm om die Kaap gevaar and kort daarna in wat vandag Mosselbaai is geland het, sou hy seker nooit kon raai dat op daardie selfde plek vandag 'n museum sou staan wat sy naam dra nie. Die Dias Museum kompleks het 'n fantastiese verskeindenheid van attraksies en sluit 'n … Continue reading Dias Museum
Volstruise
As ek mag wil ek graag die lirieke van Groot Voël Paradys deur Jacques de Coning aanhaal om saam met hierdie foto te gaan.Oudtshoorn is 'n grootvoël paradys,los jou budgy by die huis en ek sal jou 'n groot voël wys.Oudtshoorn is 'n grootvoël paradys,Los jou mossie by die bossie en kom speel met my volstruis. Kom sit … Continue reading Volstruise
Seepampoentjie
Almal wat al langs 'n Suid-Afrikaanse strand gestap het moes die een of ander tyd êrens 'n seepampoentjie opgetel het. Ek weet 'n seepampoentjie is 'n "sea urchin" in Engels, maar het nog altyd gewonder of dit dalk 'n ander naam in Afrikaans het wanneer dit nog leef. Die eerste een wat ek besluit om te vra was … Continue reading Seepampoentjie
Groenpunt
Wanneer mens in 'n stad woon is daar niks lekkerder as om uit die stad uit weg te kom nie, maar dis nie altyd moontlik nie. Die volgende beste opsie is om op 'n strand, 'n park of natuurarea in die stad te gaan stap. Al drie Suid-Afrika se groot kusstede het baie gewilde wandelroetes langs hulle … Continue reading Groenpunt
Twaalf Appostels
Die Tafelbergreeks strek van Tafelberg tot by Kaappunt en het heelwat bekende pieke en landmerke wat deel van die bergreeks uitmaak. Bo en behalwe Tafelberg self is daar ook Leeukop, Duiwelspiek en Seinheuwel met die Twaalf Appostels wat die mees prominente pieke aan die Atlantiese kant van die Skiereiland is. Die Twaalf Appostels maak vir die perfekte agtergrond teen … Continue reading Twaalf Appostels