Colchester net buite Port Elizabeth is a rustige plekkie en is baie gewild met vakansiegangers en stadsjapies wat oor die naweek bietjie wil wegkom en die Sondagsrivier geniet. Behalwe die rivier is die twee ander groot aantreklikhede die Addo Nasionale Olifantpark wat se suidelike hek in Colchester uitkom en die reuse sandduine aan die ander kant van die … Continue reading Sondagsrivier Veerboot
Tag: Afrikaans
Steve Biko tronksel
Steve Biko is een van Suid Afrika se bekendste anti-apartheid aktiviste en is op 11 September 1977 oorlede nadat hy deur die polisie mishandel en aangerand is. Biko is naby Port Elizabeth gearresteer en in die Walmer Polisiestasie aangehou voor hy ondervra en aangerand is. Hy is agter in 'n voertuig gegooi en vervoer Pretoria toe … Continue reading Steve Biko tronksel
Witpoortjiewaterval
Die Witpoortjiewaterval is die fokuspunt van die Walter Sisulu- Botaniese Tuin in Johannesburg. Die tuin is 'n baie gewilde piekniekplek en besoekers hou gewoonlik hulle oë baie wyd oop om te sien of hulle dalk die broeipaar Verreaux arende wat langs die waterval nesmaak kan gewaar.
Donkin Reservaat na donker
Die Donkin Reservaat in Port Elizabeth het 'n mengsel van beide oud en modern. Die oud is die Donkin gedenkteken in die vorm van 'n piramide (1820) en die Donkin Vuurtoring (1861) terwyl die moderne aspek die nuwe kuns is wat deel vorm van Roete 67.
Perdemonument
Port Elizabeth is die tuiste van een van net twee monumente in die wêreld wat spesifiek opgesit is vir perde. Derduisende perde is na die Kaapkolonie gebring vir die Britse troepe wat in die Anglo Boereoorlog tussen 1899 en 1902 teen die Boeremagte geveg het. Die meeste van hierdie perde is deur Algoabaai ingebring en geskiedenis wys dat meer as 300,000 perde … Continue reading Perdemonument
Baba spinnekoppies
Ek is nie 'n groot aanhanger van spinnekoppe nie, behalwe as ek na hulle kyk deur my kamera. Dan kom ek nogal verbasend naby. Op 'n besoek aan 'n kampterrein langs die Gamtoosrivier het ek een middag gaan stap om 'n paar sonsondergang fotos te neem. Langs die paadjie het ek iets vreemd opgelet en besluit … Continue reading Baba spinnekoppies
Nelson Mandelabaai Stadion
Die Nelson Mandelabaai Stadion in Port Elizabeth was een van die stadions wat voor die 2010 FIFA Wêreldbeker gebou is. Die 44 000 sitplek stadion het R1,1 miljard gekos (omtrent $150 miljoen) om te bou en is die eerste wêreldklas stadion in die Ooskaap. Die stadion is langs die Noordeindemeer geleë en het gou een … Continue reading Nelson Mandelabaai Stadion
Houtkappershuisie
Met sy inheemse woude vasgedruk tussen 'n pragtige kuslyn en die Tsitsikammabergreeks en bruingekleurde riviere wat daardeur vloei is die Tsitsikamma een van my gunsteling plekke in Suid-Afrika. Wanneer mens die dorpie Stormsrivier besoek vind jy hierdie ou bosbouhuisies langs Eikelaning wat van die dorpie na die ou pad deur die woud lei.
Knysnakoppe
Die Knysnakoppe by Knysna in die Weskaap is een van Suid Afrika se bekendste natuurlike landmerke en word gereeld in reistydskrifte en brosjures gesien. Die Koppe is ook een van die gevaarlikste ingange tot 'n natuurlike hawe in die wêreld met menige bote wat al hier deur die branders omgeslaan is of op die rotse geloop het.
Bloukransbrug Bungee
Teen 216 meter hoog is die Bloukransrivierbrug op die grens tussen die Ooskaap en Weskaap die hoogste brug in Afrika. Die brug is een van vyf enkelboogbetonbrûe op die N2 tussen Port Elizabeth en Plettenbergbaai en is 415meter lank. Maar dis nie regtig hoekom ons hier is nie, is dit?Die eintlike rede hoekom die Bloukransrivierbrug bekendheid … Continue reading Bloukransbrug Bungee